Beloftes aan myself
Beloftes aan myself
Novella deur Chantel Vergotine
Sinopsis
Hierdie jeugverhaal is, teen die agtergrond van drankmisbruik, vroue- en kindermishandeling en kinderverkragtings, eenvoudig ’n verhaal wat jy móét lees. Sowel kinders as volwassenes kan veel hieruit leer.
Waaraan hou jy vas as alles om jou inmekaartuimel? Watter waardes hou jou begrond? Waaraan bly jy getrou? Hoe kan jy vorentoe as daar geen uitweg is nie?
Santie is in haar matriekjaar. Eers moet sy die trouma van haar hondjie, Epic, se dood verwerk. Haar alkoholis ma word later deur haar pa so aangerand dat sy in die hospitaal sterf. Haar pa word van moord aangekla en sit in die tronk. Geldgierige familie, by wie sy nie kans sien om te gaan bly nie, verpes haar. Sy sit met niks en in haglike omstandighede.
Linda, die buurvrou-onderwyseres wat deur haar skelm verhouding met Santie se pa, deels verantwoordelik is vir die gemors waarin Santie beland, se opofferende ontferming oor Santie gee haar die geleentheid om haar skuld te betaal maar ook die geleentheid om haar kinderloosheid te deurgrond en te aanvaar. Dis Linda wat haar moet help om mens te wees, om haar kop hoog te hou. “Diep binne-in jou moet daar nou ’n reus opstaan; ’n gees van: niks gaan my onderkry nie, mense kan maar dink wat hulle wil ...” Linda moet haar ondersteun om beloftes aan haarself te maak. ”Antie is reg, ek sal opstaan en doen wat ek moet doen en sterker as ooit wees. Ek sal positief wees en myself hiervandaan met positiewe mense omring. Kan ek vir antie ’n drukkie gee?”
Dis ’n aangrypende, emosionele verhaal van ellende; maar ook van liefde en hoop, van kameraderie en die vervulling van beloftes.
15919 Woorde
You will get the following files: