Tannie Liselle se Kinderstories

Welkom by my kinderstories. Die eerste reeks van Piet en Mollie Muis se Avonture gaan oor Piet Muis en Mollie Muis se daaglikse ervaringe, asook hul belewenisse saam met die ander diere in die buurt.

Piet en Mollie is twee slim muise wat daarvan hou om vriendelik en vrolik te wees. Hulle help ook graag waar hulle kan, nie net om mekaar uit moeilike situasies te kry nie, maar help ook graag vir die ander diertjies in hul buurt.

In die eerste reeks van Piet en Mollie Muis se Avonture volg daar altesaam 10 lekker-luister en -kyk storietjies vir die ouderdomsgroep 4 - 8 jaar.

Kom deel in die pret saam met Piet, Mollie en die ander diere, Mev. Tjirp, Kloekie die hen, Cecil die slang, Wagter die hond en vele meer.

Ek sien uit daarna om vir julle van Piet en Mollie Muis se avonture te vertel!