Nelie Jacobs
My naam is Nelie Jacobs en ek het so 10 jaar terug begin borduur nadat ek 14 jaar moes wag vir my eerste borduurmasjien. Ek het deur die jare agtergekom dat veral die ouer dames bietjie sukkel met die rekenaar gedeelte van borduurwerk. Aan die begin van hierdie jaar (2022) het ek die sprong gewaag om mede borduursters te kan help om die basiese rekenaarvaardighede aan te leer. Van daar af bou ek voort. Ek hoop hierdie help almal wat sukkel sodat hulle hulle borduurmasjiene meer kan geniet.