Your Cart
Loading

Vind Jou Perfekte Hulpbron

Meer van Myself

🌸 Welkom by Juffrou Bester se Klaskamer 🌸

Hallo en baie welkom!

Ek is Janell Bester, 'n trotse vrou, mamma van vier pragtige kinders, gekwalifiseerde onderwyseres en iemand met 'n groot passie vir leer, groei en die maak van 'n verskil in ander se lewens.

My gesin is my grootste inspirasie en die rede waarom ek elke dag met liefde en toewyding aanpak. Hulle herinner my daaraan dat elke mens uniek is en dat elke leerder die geleentheid verdien om sy of haar volle potensiaal te bereik.

Ek het my Baccalaureusgraad in Onderwys (Bachelor of Education – Senior and Further Education and Training) voltooi en is tans besig met my Baccalaureusgraad in Forensiese Kriminologie en Sielkunde (Bachelor Degree in Forensic Criminology and Psychology). Hierdie studies het my gehelp om nie net die belangrikheid van onderwys te verstaan nie, maar ook hoe elke persoon op sy of haar eie unieke manier leer en ontwikkel.

💗 My missie is eenvoudig: Om 'n verskil te maak. Ek glo dat as ek net een leerder kan help om meer selfvertroue te kry, meer sukses te behaal of meer in hom- of haarself te glo, dan het ek reeds iets besonders bereik.

Juffrou Bester se Klaskamer is geskep om onderwysers, leerders en ouers van alle grade te ondersteun met praktiese, professionele en tydsbesparende hulpbronne wat met sorg en liefde saamgestel word.

Dankie dat jy hier kom inloer. Ek hoop dat jy iets sal vind wat jou inspireer, ondersteun en jou reis 'n bietjie makliker maak.

🌸 Met liefde gemaak vir elke onnie en leerder! 🌸

💌 Stuur 'n Boodskap

Het jy hulp nodig of kan jy nie kry waarna jy soek nie?

Stuur gerus vir my 'n boodskap en ek sal jou met liefde help.

Geen vraag is te groot of te klein nie – ek hoor graag van jou!

In Samewerking met...