Your Cart
Loading

Ontsluit jou brein - 'n Volledige studiestelsel

On Sale
$29.00
$29.00
Added to cart

ONTSLUIT JOU BREIN

Die volledige visuele studie- en eksamenstelsel

Jou kind leer vir ure, maar sukkel steeds om te onthou — of om daardie kennis in eksamenpunte te verander?

Om harder te leer, help nie altyd wanneer jy nie weet hóé om die werk te organiseer, te onthou en te gebruik nie.


Hierdie 76-bladsy Afrikaanse gids van I’M POSSIBLE VAULT™ gee leerders ’n praktiese roete van “Ek weet nie waar om te begin nie” na “Ek weet wat my volgende stap is.”


Met kleurvolle illustrasies, eenvoudige verduidelikings, voorbeelde en oefenuitdagings ontdek die leerder hoe om:

  • Groot hoeveelhede werk in hanteerbare dele te organiseer.
  • Prente, stories, geheuehakies en bekende plekke te gebruik om inligting te onthou.
  • Kennis sonder die notas te herroep en ontbrekende skakels te herstel.
  • Die brein en studieomgewing vir leer voor te berei.
  • Opdragwoorde te verstaan en te herken wat ’n vraag werklik vereis.
  • Antwoorde te bou wat by die vraag én die puntetoekenning pas.
  • Hersiening te beplan en ’n toets of eksamen met ’n duidelike kontrolelys aan te pak.


Meer as ’n versameling studiewenke

Die gids verbind studiemetodes met die vaardigheid om vrae te beantwoord. Voorgestelde antwoorde en verduidelikings wys hoe kennis in ’n volledige antwoord omskep word — en waar die punte verdien word.


Vir wie is die boek?

Vir leerders wat sukkel om te begin, werk te organiseer, inligting te onthou of hul kennis in ’n eksamen te gebruik. Ook vir ouers, tutors en onderwysers wat ’n visuele, praktiese hulpmiddel soek om leerders te ondersteun.


Wat ontvang jy?

’n Aflaaibare Afrikaanse PDF van 76 bladsye wat jy digitaal kan gebruik of uitdruk. Dit is ’n digitale produk; geen gedrukte boek word versend nie.


Ontwikkel deur Ilze du Plessis, met praktiese metodes wat sedert 2011 ontwikkel en verfyn is, en leerbeginsels wat deur navorsing ingelig word.


Jy was nooit onmoontlik nie. Jy het ’n duideliker roete nodig gehad.

Leer anders. Bereik meer.

You will get a PDF (243MB) file

Customer Reviews

There are no reviews yet.