Your Cart
Loading

Hoe om in God se teenwoordigheid te leef

On Sale
$4.39
Pay what you want: (minimum $4.39)
$
Added to cart
Broer Lawrence was ‘n soldaat tydens die dertig jare oorlog in Europe. Hy is ontslaan as gevolg van ‘n ernstige wond en het by ‘n Karmelietiese klooster in Parys aangesluit as ‘n leke broer. Vir ‘n lang tyd het hy geworstel met die idee dat hy verdoem was en daar was geen hoop vir hom nie. Tot op ‘n dag toe hy besluit het, “Alles wat ek van nou af doen, doen ek net vir Hom. Ongeag wat met my gebeur, of ek verlore of ek gered is, alles wat ek doen sal ek doen vir die liefde van God. Ek sal vashou aan hierdie besluit tot die dood toe - dat ek met my alles Hom sal liefhê.” Van toe af het Broer Lawrence sy lewe in volkome vryheid en voortdurende blydskap geleef. Hierdie klein boekie is die getuienis van sy lewe van oorwinning en hoe hy dit bereik het, iets wat ons elkeen kan ervaar. Dit bevat onderhoude wat gevoer is met hom en briewe wat hy geskryf het.

Broer Lawrence se onderhoude en briewe is die hart en siel van almal se voorneme ‘Om te leef in God se teenwoordigheid’. Al hierdie briewe is geskryf in die laaste tien jaar van sy lewe maar is nog geldig en behulpsaam in ons strewe om nader aan God te leef.
You will get a PDF (1MB) file