Your Cart
Loading

Waar die Water Loop

On Sale
ZAR29.00
ZAR 29.00
Added to cart

’n Plaaswerktuigkundige lê dood by ’n suiping buite Maroelapoort. Vir kaptein Abel Venter begin die ondersoek met voetspore in die modder en ’n groen liggie op ’n nagopname. Dan kry hy ’n boodskap in sy oorlede vrou se naaldwerkmandjie, geskryf in die handskrif van die man wat hy die meeste vertrou.


’n Weggebêre foto lei Abel terug na ’n verdrinking waaroor die dorp lankal opgehou het om vrae te vra. Nou moet hy vasstel wat Elna ontdek het voordat die mense wat haar wou stilmaak, weer toeslaan.


Waar die Water Loop is ’n kort Afrikaanse spanningsverhaal uit die Waterberg deur Emil Buitendag. Jy ontvang ’n aflaaibare PDF met sewe hoofstukke en ’n klikbare inhoudsopgawe.

You will get a PDF (882KB) file