Your Cart
Loading
1 review

Eens... Verhale, Mites en Legendes van Feërie eBook

On Sale
$2.99
$2.99
Added to cart
1 review
Wenner van die INK 2017 Skryfkompetisie (Verhale).

Feërie het geheime...

’n Koningin met ‘n gebroke hart ontketen haar hartseer oor ’n hele ryk.

’n Donker Koning smee planne in die skadu’s.

Oerstruwelinge dreig om Feërie uitmekaar te skeur.

En deur die eeue heen raak sterflinge en feë verstrengel in stories van liefde, verlies, vloeke, magie en bestemming.

Ontdek in ’n draak se verborge biblioteek deur ’n nuuskierige halffee, onthul hierdie sestien onderling gekoppelde verhale die mites, legendes en vergete geskiedenisse van Feërie self.

Van tragiese romanses en betowerde wesens tot magtige heersers en gevaarlike ooreenkomste, elke storie ontbloot nog ’n stukkie van ’n wêreld waar niks ooit heeltemal is soos wat dit lyk nie.

Betree Feërie. Ontdek haar geheime.

Vir lesers wat van Keltiese volkskunde, sprokies en meeslepende feëmitologie hou.
You will get a EPUB (700KB) file

Customer Reviews

Heila

3 years ago

Die boek belowe feëverhale vir grootmense – en dis presies wat dit is.

Ek het hierdie versameling kortverhale verskriklik geniet. Nie net is daar ‘n paar ou gunstelinge met nuwe karakters en storielyne nie (dink oorvertellings van Grimm sprokies), maar daar is ook nuwe stories deur die skrywer oor Feërie wat ‘n hele nuwe wêreld oopmaak.

Daar is hoop, donker dinge wat gebeur en die karakters moet leer om daarmee saam te leef of dit te oorkom, baie verwysings na pers deur die hele bundel (dalk is daar ‘n tema daar?) en Feë wat ek nie eens geweet het bestaan nie.

Ek dink nie daar is werklik ‘n ouderdomsbeperking op hierdie boek nie – ek dink oud en jonk kan dit geniet.

My gunsteling is “Asvaal Prinses”. Ek hou van hoe die skrywer die karakters ontwikkel het en hoe die storie eers een rigting gaan en dan skielik ‘n ander. Ek kan hierdie storie – en die res van die boek – oor en oor lees.

As jy van Grimm se sprokies hou wat donkerder is as dit van Perrault en Disney, dan is hierdie die boek vir jou. Elke kortverhaal (of dit nou drie-honderd of drie-duisend woorde is) het ‘n boodskap en los jou met iets vir die verbeelding om mee te hardloop.
Reply from creator