Your Cart
1 review

Eens... Verhale, Mites en Legendes van Feërie eBook

On Sale
$2.99
$2.99
Added to cart
1 review
eBook (mobi. ePub & PDF)

Feërie het geheime ...

Liefde of familie?


Jamie MacKinnion neem die moeilikste besluit van sy baie lang lewe en die hele Feërie voel die toorn en hartseer van die Feëkoningin.

Kan Feërie en die inwoners daarvan ‘n magtige heerser se pyn uitgedruk in natuurrampe oorleef?

Selfs al kan hulle dit doen, beraam die Donker Koning planne van sy eie en daar kan nie vertrou word dat Alleenloper Feë in vrede kan leef nie.

Namate Feërie verder in skerwe spat en die lewens van sterflinge en feë nog meer verweef word, word die lyne tussen wat reg is en wat maklik is, vaag vir selfs die beste van hulle.

En niks is soos dit lyk nie.

Nooiens in nood, vloeke, eggo’s van feëverhale en tragiese liefdesverhoudings draai saam in sestien verhale wat in ‘n draak se houplek gevind is deur ‘n nuuskierige half-feë.

Ontdek hul geheime en betree die ryk van die feë.

Gebruik die skuifbalk boontoe om nou te koop!
You will get the following files:
  • EPUB (399KB)
  • MOBI (1MB)
  • PDF (874KB)

Customer Reviews

Heila

1 year ago

Die boek belowe feëverhale vir grootmense – en dis presies wat dit is.

Ek het hierdie versameling kortverhale verskriklik geniet. Nie net is daar ‘n paar ou gunstelinge met nuwe karakters en storielyne nie (dink oorvertellings van Grimm sprokies), maar daar is ook nuwe stories deur die skrywer oor Feërie wat ‘n hele nuwe wêreld oopmaak.

Daar is hoop, donker dinge wat gebeur en die karakters moet leer om daarmee saam te leef of dit te oorkom, baie verwysings na pers deur die hele bundel (dalk is daar ‘n tema daar?) en Feë wat ek nie eens geweet het bestaan nie.

Ek dink nie daar is werklik ‘n ouderdomsbeperking op hierdie boek nie – ek dink oud en jonk kan dit geniet.

My gunsteling is “Asvaal Prinses”. Ek hou van hoe die skrywer die karakters ontwikkel het en hoe die storie eers een rigting gaan en dan skielik ‘n ander. Ek kan hierdie storie – en die res van die boek – oor en oor lees.

As jy van Grimm se sprokies hou wat donkerder is as dit van Perrault en Disney, dan is hierdie die boek vir jou. Elke kortverhaal (of dit nou drie-honderd of drie-duisend woorde is) het ‘n boodskap en los jou met iets vir die verbeelding om mee te hardloop.