About Us:
Ons is twee familie-vroue met ’n liefde vir eenvoudige, heerlike huiskos — en ’n passie vir ons mense.
Boeremeisies maak kos het begin as ’n droom om ons gunsteling gesinsresepte, kombuiswenke en tradisies bymekaar te sit in een praktiese boek. Ons glo kos bring mense bymekaar — om die tafel word stories gedeel en herinneringe gemaak. n Manier om ons kultuur te behou en te deel met ander.
Ons resepte is:
-maklik om te maak
- gemaak met alledaagse bestanddele
- geskik vir regte gesinne en regte kombuise
Ons doel is om kook weer eenvoudig, lekker en toeganklik te maak — sonder fieterjasies.
Dankie dat jy klein skeppers ondersteun en deel word van ons kombuisreis
Die eerste 20 boeke word verkoop teen ’n spesiale bekendstellingsprys van $12 elk.
Die opbrengs van hierdie eerste 20 verkope sal gebruik word om ’n familie in Suid-Afrika te help met noodsaaklike uitgawes soos paspoorte en verwante dokumentasie.
Na die eerste 20 verkope sal die normale prys $18 wees