Ken & Verstaan Ekonomiese en Bestuurswetenskappe Graad 9 Onderwysersgids
Ken & Verstaan Ekonomiese en Bestuurswetenskappe Graad 9 Onderwysersgids is deur 'n ervare span geskryf, ooreenkomstig die vereistes van die Kurrikulum- en Assesseringsbeleidsverklaring (KABV). Hierdie reeks help die leerders om die inhoud van en vaardighede vir Ekonomiese en Bestuurswetenskappe maklik baas te raak.
Die innoverende Onderwysersgids bevat 'n volledige onderrigrooster vir moeitevrye beplanning, riglyne vir die aanbieding en assessering van elke les, antwoorde op al die aktiwiteite in die Leerdersboek, 'n omvattende woordelys, fotokopieerbare assesseringstake, toetse en voorbeeldvraestelle en memorandums, fotokopieerbare template en hulpbronne vir die onderwyser.
Die gids sluit ook 'n CD-ROM in met PowerPoint-aanbiedings vir gebruik in die klaskamer.
- Uitgewers: Cambridge University Press
- Kurrikulum: KABV (CAPS)
- Binding: los blaaie in 2-ring lêer
- ISBN: 9781107625396
- Toestand: Tweedehands, toestand is uitstekend (soos nuut)