Kerk- & Selgroep Notapapier - Minimalisties
Die Sondae wat ek kerk toe gaan met my notaboek het soveel meer impak as die Sondae wat ek net op die kerkbankie sit staar in die verte. Met 'n pen in my hand is ek meer oplettend en ek luister meer doelbewus. Na die tyd kan ek ook soveel beter onthou wat die boodskap was. Boonop kan ek terug kyk en weer reflekteer op daardie skrifgedeelte en wat ek geleer het.
Met meer as 'n dosyn opsies; is hierdie eenvoudige swart-en-wit stel die ideale manier om meer aktief en produktief te wees tydens kerkdienste.
Druk dit uit by die huis en bêre dit sommer in jou Bybel. Of gaan na jou plaaslike drukkers toe en laat jou gunstelling uitleg ringbind, dan het jy 'n notaboek vir die jaar. Eindelose moontlikhede!
Hierdie pak "Nota Papier" sluit verskeie formate in. Dit is ideaal om mee notas te neem in die kerk of by 'n selgroep. Daar is ook blaaie vir jou gunstelling verse of 'n gebedslys.
Verskilliende bladsye wat jy kan verwag:
4x Kerk notas
2x Sondag notas
1x eenvoudige bladsy
2x Selgroep notas
3x vers van die maand
1x gebedslys
** In die formaat van 2x A5 op A4 gedruk.