Your Cart
Loading

Pragtige "printables"

"Ons verheug ons ook in die swaarkry, want ons weet: swaarkry kweek volharding, en volharding kweek egtheid van geloof, en egtheid van geloof kweek hoop" - Romeine 5:4

Hierdie blad bevat 'n versameling van Christelike tema ontwerpe. Ek glo ons kan elke dag bietjie hoop kweek, selfs deur die klein daaglikse dinge. Hier is 'n verskeidenheid produkte vir jou rekenaar, foon, of om uit te druk.

Hoe dit werk:

  • Kies en keur

    Kyk rustig deur al die ontwerpe en kies items soos enige aanlyn winkel. Volg die stappe vir betaling. (op hierdie stadium is alles gratis, so daar is eintlik geen betaling nie)

  • Dis joune!

    Nadat jy die aankope gemaak het, is dit dadelik joune! Jy het nou digitale weergawe van die produk wat jy gekoop het op jou rekenaar (of elektroniese toestel).

  • Druk dit uit (print)

    Nou kan jy dit uit druk in die gemak van jou eie huis. Andersins neem dit na jou naaste foto winkel of plaaslike drukkers (bv.: Postnet of Kodak)

  • Gebruik dit waarookal!

    Hierdie ontwerpe is dinamies en kan op soveel maniere gebruik word. Wees kreatief!

Produkte


Hou dop!

⋆ Nuwe produkte kom binnekort ⋆

Hou dop! ⋆ Nuwe produkte kom binnekort ⋆

Meer oor Kweek hoop

Haai daar! Ek is Lena. Dankie vir die tyd wat jy gevat het om na my blad te kyk. Ek is tans 27 en woon in Japan saam met my wonderlike man. Ons is mal oor reis en die avontuur van oorsee woon (veral in Asië!).

Maar my hart verlang na die Afrikaanse kerk, mense en dinge. Ek besef dit is waarskynlik die geval vir ander Christen dames wat oorsee woon. Ongeag waar jy is: ek hoop hierdie ontwerpe bring vir jou 'n tikkie inspirasie, herinner jou aan God se goedheid en help jou om op 'n manier nader aan Jesus te groei.

Vrae & Antwoorde