Your Cart
Loading
Only -1 left

Kerk- & Selgroep Notapapier - Kleurvol

On Sale
$0.00
Free Download
Added to cart

Die Sondae wat ek kerk toe gaan met my notaboek het soveel meer impak as die Sondae wat ek net op die kerkbankie sit staar in die verte. Met 'n pen in my hand is ek meer oplettend en ek luister meer doelbewus. Na die tyd kan ek ook soveel beter onthou wat die boodskap was. Boonop kan ek terug kyk en weer reflekteer op daardie skrifgedeelte en wat ek geleer het.


Hier is 'n hulpmiddel wat presies daarmee help. Druk dit uit by die huis en bêre dit sommer in jou Bybel. Of gaan na jou plaaslike drukkers toe en laat jou gunstelling uitleg ringbind, dan het jy 'n notaboek vir die jaar. Eindelose moontlikhede!



Hierdie prettige kleur pak "Nota Papier" sluit verskeie formate in. Dit is ideaal om mee notas te neem in die kerk of by 'n selgroep. Verskilliende bladsye wat jy kan verwag:

3x Kerk notas

2x Sondag notas

1x Eenvoudige bladsy

2x Selgroep notas

2x Bladsye met 'n blanko titel spasie

1x Gebedslys

** In die formaat van 2x A5 op A4 gedruk.


You will get the following files:
  • PDF (2MB)
  • ZIP (2MB)