Goeie gewoontes
Die nuwe jaar is op ons! Nuwejaarsvoornems hoef nie onbereikbaar te wees nie. Kom ons bou 'n paar goeie gewoontes om nader te kom aan die groter doelwitte. Hierdie A4 blad het plek om telling te hou vir 4 nuwe gewoontes oor die tydperk van 'n maand. Eerlikwaar dink ek nie mens moet meer as dit aanpak op een slag nie. Bleikbaar neem dit slegs 21 dae om 'n gewoonte te bou! Ek dink dit sal lekker wees om die vordering te sien op hierdie manier. Miskien begin dit stadig met baie dae wat mens vergeet dan kan die regmerkies motivering wees om te volhard.
So hersien hierdie blad na die eerste maand - as die nuwe gewoontes vasgelê is, stel dan nuwes of maak dit meer spesifiek.
Bv.: Inplaas van "Oefen elke dag" verander dit na "tienduisend steps daagliks en gym drie keer 'n week".
Daar is `n bladsy vir kleurdruk en een vir swart-en-wit. Ek sluit sommer die bladsy in wat ek vir myself gemaak het! Miskien wil jy die selfde doen.
As jy dit gebruik, deel gerus 'n foto! Dan kan ons die vordering saam vier!