Your Cart
Loading
1 review

Toorkrag teen Middernag eBook

On Sale
$2.99
$2.99
Added to cart
1 review
VERRAAD.

SAMESWERINGS.

TOORKRAG.

Amy ken net een leefwyse: die lewe van ‘n eenvoudige plaasmeisie wat die heilige pegasi versorg en hulle met haar lewe sal beskerm. Wanneer sy gekies word om haar as ‘n vermiste prinses voor te doen tydens ‘n koninklike hofmakery wat ‘n verwoestende oorlog kan voorkom, word sy ingesleep in ‘n glanswêreld van hofpolitiek, profesieë en dodelike geheime.

Agter elke glimlag skuil ‘n bybedoeling. Elke alliansie eis ‘n prys. Terwyl sameswerings al hoe nouer om die koninklike hof sluit, bevind Amy haar tussen die geheimsinnige Prinses Rachel van die Haselneutwoud, die enigmatiese Prins van die Akasiawoud en ‘n sending wat met elke dag gevaarliker word.

Kan hierdie eenvoudige plaasmeisie die lewe aan die hof oorleef? Kan sy haar gevoelens van haar missie skei? En as sy misluk, sal koninkryke brand, oeroue toorkrag ontwaak en die pegasi vir wie sy lief is, in ‘n oorlog meegesleur word wat hulle almal kan vernietig.

HOE VÊR SAL SY GAAN OM HAAR GELIEFDES TE BESKERM?
You will get a EPUB (394KB) file

Customer Reviews

Heila

3 years ago

Hierdie verhaal is ‘n “page turner”.

Die storie vloei maklik. Die liefde vir die pegasi is aanvoelbaar en die beskrywing van die omgewing, beide waar die karakter met haar pegasi besig is en die in die kasteel neem vorm aan in jou gedagtes en stuur jou verbeeling op sy eie tog.
Die weklike lewe in die storielyn maak dat hierdie storie geniet word.
Die LGBTQ kwessies word op so ‘n delikate manier hanteer, dat dit geensins “in your face” word nie.
Dis 'n moet-lees verhaal.
Reply from creator