Die SKARRELDIERTJIE Vertel deur George Meiring, met die stem van Desiree Bain. Dit is ’n warm dag in die woud toe ’n klein Skarreldiertjie (Skarreldiertjies bly al eeue lank onder die grond omdat hulle so skaam en lelik is dat hulle liewer weggeskarrel het) besluit om die vreemde, wye wêreld aan te durf. Hy het toe nie besef dat sy dapperheid die lewens van Skarreldiertjies vir ewig sou verander nie. ’n Storie van moed en aanvaarding ondanks alles. Tyd: 6.41 Minute (15.3MB)